15 Maart 2024
Die huidige president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago is vroeër vandag vir sy derde termyn in dié amp aangewys, en sal dus nou tot minstens 8 November 2029 aanstuur van dié bank wees.
Kganyago is in 2014 in die pos aangestel, met een termyn wat oor vyf jaar strek.
Intussen het die Reserwebank ook nou weer ‘n derde adjunk-president gekry, met die aanstelling van dr. Mampho Modise in dié pos. Sy is aangestel nadat die voormalige adjunk-president, dr. Kuben Naidoo in November verlede jaar bedank het.
Ook Modise se tydperk in die amp is vyf jaar. Fundi Tshazibana en dr. Rashad Cassim is elkeen vir ’n tweede termyn as die ander twee adjunkpresidente van die Reserwebank aangewys.
President Cyril Ramaphosa het die aanstellings vanoggend gedoen na gesprekke met die minister van finansies, Enoch Godongwana en die direksie van die Reserwebank.