Leiers, premiers en burgemeesters trek hulle kruisies


Luister nou

Volgende

Leiers, premiers en burgemeesters trek hulle kruisies

29 Mei 2024

Die leier van die ANC, president Cyril Ramaphosa, sê hy twyfel nie dat sý party as oorwinnaars uit die stryd sal tree na afloop van vandag se verkiesing nie.

Cyril Ramaphosa wag sy beurt af.

Ramaphosa het sy stem uitgebring by die Hitekani Laerskool in Chiawelo, in Soweto, waar hy grootgeword het.

Te midde van hewige veiligheidsmaatreëls – en met belangstelling deur plaaslike en internasionale media – het Ramaphosa en sy vrou, Tshepo Motsepe, hul kruisies getrek.

Die burgemeester in die Tshwane-metro, Cilliers Brink het by die Laspossie Kleuterskool in Wapadrand gestem. Hy het ‘n dringende beroep op mense gedoen om nié die toue te verlaat nie, en dat die land net kan verander indien mense stem.

Cilliers Brink trek sy kruisie.

Die EFF-leier, Julius Malema, het sy kruisie in Jujuvallei, in Limpopo getrek en sê die verkiesing is die draaipunt vir die EFF.

Hy sê hy is vol vertroue dat sy party die verkiesing kan wen, aangesien studente stemme die party sal help om groter ondersteuning te kry.

Malema sê lang toue by instellings van hoër onderwys word deur EFF-leiers gedomineer.

Hy het Suid-Afrikaners gewaarsku om voor te bereid vir beurtkrag, aangesien dit na die verkiesing sal hervat.

Die minister van polisie, Bheki Cele het die versekering gegee dat die stembriewe veilig deur die polisie bewaar gaan word. Hy het vanoggend net na 08:00 by die Lamontville Hoërskool in Ethekwini in KwaZulu-Natal gestem.

Die leier van die DA, John Steenhuisen het saam met sy dogter by die Northwood Hoërskool in Durban gaan stem. Die DA meen soos Steenhuisen behoort Suid-Afrikaners te stem vir “die enigste party wat die land weer op dreef kan kry.”

Die DA se premierskandidaat vir KwaZulu-Natal, Chris Pappas was saam met Steenhuisen by die betrokke stempunt. Die leier van die VF Plus, dr Pieter Groenwald het sy stem by die stempunt in Klerksdorp in Noordwes uitgebring.

Die oud-president en leier van die MK-party, Jacob Zuma het geklee in sy MK-drag in Nkandla gestem. Al mag hy luidens ‘n Grondwethof-beslissing nie as kandidaat vir die MK-party aangewys word nie, is hy steeds op die voorgrond van die MK se verkiesingsveldtog.

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi het geklee in ‘n “I love Gauteng” baadjie by die Thutho Ke Maatla ingenieurskool in Thembisa gestem. Volgens hom sal die land steeds deur “sy mense” regeer word.

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba het by die Tshebedisano Laerskool in Johannesburg gestem. Hy het aan media buite die skool gesê dat ActionSA aangeval word omdat hulle ‘n bedreiging vir die politiek is. Dit kom nadat die party se streeksbestuurder, Sello Mabelebe gisteraand gekaap en aangeval is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GtKvqtMXwAAfecA

78 mense dood in vloedgeteisterde Oos-Kaap

bela-7

Riglyne vir die Bela-wet is gepubliseer

GtPe-L2b0AAR_xU

Oorlewende van Air India-vliegongeluk ontsnap betyds uit nooduitgang

pothole

Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar – ons stede verval nie meer nie

Screenshot 2025-06-12 151250

Die Comrades-Marathon bring “ja” en “nee” antwoorde

Ander Nuus Artikels

GtWXcGOXoAA2G7W
“Besope” motoris wat glo spoedgrens oortree tref motor – vyf mense dood
WhatsApp Image 2025-06-13 at 13.20.28_4139dd6b
Bergview-skoolhoof maak strafregtelike klag aanhanging teen politici wat hom van verkragting beskuldig
Cyril-4-1
ActionSA bevraagteken noodsaaklikheid van nasionale dialoog
GtKvqtMXwAAfecA
78 mense dood in vloedgeteisterde Oos-Kaap
bela-7
Riglyne vir die Bela-wet is gepubliseer

Leiers, premiers en burgemeesters trek hulle kruisies


Luister nou

Volgende