16 Maart 2022
‘n Spesiaal vervaardigde LEGO figuurtjie van die Oekraïnse president, Wolodimir Zelenski het reeds baie geld ingesamel vir die herbouing van geboue in Oekraïne.

Die ikoniese geel LEGO-mannetjie lyk op ‘n druppel soos Zelenski met sy swart hare, baard en groen weermaguniform.
Saam met die figuurtjie is daar ook ‘n Molotov Cocktail – ook bekend as ‘n Molly. Dit is ‘n soort petrolbom, wat gemaak word deur ‘n glasbottel met vlambare vloeistof te vul.
Tot dusver is meer $16 000 of R241 488.00 ingesamel. Dié LEGO’s is vervaardig deur die onafhanklike kleinhandelaar, Citizen Brick. Die geld sal ook gebruik word om mediese toerusting aan mense in Oekraïne te verskaf.