24 Februarie 2023
Die leeuwyfie wat in Noordwes ontsnap het, is doodgeskiet.
Die Noordwes se departement van natuurbewaring het bevestig dat die leeuwyfie vroeër vanoggend opgespoor en van kant gemaak is.
Die leeu het gister uit haar hok agter op ‘n bakkie ontsnap toe sy vanaf Stella na ‘n wildplaas in Tlakgameng vervoer is.
Volgens die departement het ‘n boer in die Beespoort-omgewing vanoggend die leeu naby aan sy plaas opgemerk en die eienaar in kennis gestel.
Die boer het egter die besluit gemaak om die leeu van kant te maak, voordat haar eienaar daar kon aankom, omdat sy te naby aan woongebiede beweeg het.