17 Augustus 2021
Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi het die optrede van leerders by die Hoërskool Glenvista veroordeel, nadat hulle ‘n deel van die skool aan die brand gesteek het.
Die leerders was glo ontevrede oor ‘n eksamen wat in die saal afgelê sou word en het die saal en ‘n deel van die skool aan die brand gesteek.
Daar word vermoed dat die betrokke leerders in graad 10 is.
Die brand is geblus voordat ernstige skade aangerig is, hoewel dele van die verhoog, gordyne, projektor en klankstelsel in die slag gebly het.
Daar is voortgegaan met die eksamen en die leerders het die vraestel buite geskryf.
Lesufi sê die departement sal nie nie die skade herstel nie en die skool sal ‘n plan moet beraam of sien kom klaar.
Yesterday they burnt the school hall because they didn’t want to write an exam. Today, they wrote the exams outside. So sad 😭 #GlenvistaHigh @EducationGP1 @Steve_Mabona pic.twitter.com/rUEr0td5oW
— Panyaza Lesufi (@Lesufi) August 17, 2021
Hou Afrikaans op die lug