7 September 2022
Een leerling is dood, drie is ernstig beseer en vier het ligte beserings opgedoen ná ‘n ongeluk vanoggend toe hulle gewag het vir hulle vervoer, wat hulle na hul skool die Dinokaneng Sekondêre Skool in Vanderbijlpark sou neem.
Volgens die departement van onderwys in Gauteng het die kinders by die optelpunt in Sebokeng gewag toe die bus, wat hulle daagliks oplaai in die groep kinders ingeploeg het.
Die departement se woordvoerder, Steve Mabona sê een kind is op die toneel deur nooddienste dood verklaar, terwyl drie ander na ‘n hospitaal gehaas moes word.
Mabona sê die polisie ondersoek die omstandighede van die ongeluk. Hy sê beraders is reeds na die skool ontbied.
MEDIA STATEMENT | @EducationGP1 regrets to inform that 8 learners from Dinokaneng Secondary School in Vanderbijlpark were involved in a scholar transport accident on Wednesday, 7 September 2022, in which 1 learner died, 3 learners were hospitalised & 4 learners sustained injuries pic.twitter.com/1cz9GlwKgM
— Gauteng Department of Education (@EducationGP1) September 7, 2022