13 Maart 2024
Méér as ses jaar nadat president Cyril Ramaphosa in sy 2018-staatsrede leefstyloudits vir sy kabinetslede aangekondig het, het die proses uiteindelik ‘n aanvang geneem.
Kabinetslede en adjunk-ministers word nou van ‘n vorm voorsien waar ‘n uitgebreide reeks vrae aan hulle gestel word.
Benewens hulle identiteitsbewyse vra die presidensie ook enige inligting oor dié lede se bankrekenings, motorfinansieringsooreenkomste, lenings, huisverbande kredietkaarte en klererekenings.
Uitgebreide sake word ook ondersoek en lede moet enige trustakte wat op hulle van toepassing is verskaf – asook besonderhede oor hul kinders se skole en of enige van hul familielede in die staatsdiens se diens is.
Ingevolge artikel 3 van die Staatsdienswet kan die betrokke minister leefstyloudits as ‘n meganisme gebruik om korrupsie en bedrog uit te wys en uit te roei.