7 November 2024
Die Suid-Afrikaanse owerhede het besluit om die Lebombo-grenspos weer te sluit, weens die situasie wat uiters wisselvallig in Mosambiek bly.
Toegang was teen vanoggend weer oop, maar na aanleiding van inligting – dat betogers nader aan die nasionale sleutelpunt beweeg – is ‘n besluit deur beide lande geneem om die grens te sluit.
Spanning in Mosambiek het die hoogte ingeskiet ná die verkiesing van 9 Oktober wat die regerende party se bewind van 49 jaar verleng het, en wat die opposisie as bedrieglik verwerp het.
Dit volg nadat sommige bedrywighede by die hawe in Maputo ook vroeër vandag weens die onrus gestaak is, wat ’n belangrike handelsroete vir albei lande is.
Honderde vragmotors wat steenkool en chroom vervoer, is op die N4 in Mpumalanga gestrand gelaat.