Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

“Lauren het nié geweet wat sy doen nie,” getuig psigiater

28 Julie 2023

Die forensiese psigiater, wat in die Christchurch Hooggeregshof getuig oor Lauren Dickason (42) se geestesgesondheid, sê sy is oortuig dat Lauren nie geweet het wat sy doen toe sy haar drie dogtertjies vermoor het nie. 

Die 6-jarige Liané, en 2-jarige tweeling, Maya en Karla is op 16 September 2021 deur hulle ma vermoor, kort nadat die gesin uit Suid-Afrika na Timaru, Nieu-Seeland geëmigreer het. Dickason het erken dat sy die moorde gepleeg het, maar het onskuldig gepleit. Sy hou vol dat sy weens haar geestesgesondheid nie verantwoordbaar gehou kan word nie.

Dr Susan Hatters-Friedman het vanoggend in die hof gesê dat Dickason ‘n intense vrees en bekommernis ervaar het dat iets sleg sou gebeur.

Dickason was na die moorde in ‘n psigiatriese hospitaal. Volgens Hatters-Friedman het Lauren na die moorde gely aan ‘n ernstige melancholiese depressie, en meen sy het selfdood-gedagtes gehad.

Volgens Hatters-Friedman het Dickason in die paar weke voor die moorde al hoe minder kans gesien vir ‘n nuwe dag. “Sy het aangevoer dat ma-wees een van die grootste uitdagings is.” Die gesin moes ook weens Nieu-Seeland se streng Covid-19-regulasies vir twee weke in kwarantyn wees.

Volgens Hatters-Friedman het Dickason gevoel asof sy ‘n slegte ma is, en meen haar band met die kinders was nie sterk nie.

“Lauren wou haar eie lewe neem, maar wou nie hê haar kinders moes sonder ‘n ma grootword nie. Sy wou ook haar kinders van die wêreld beskerm.” Sy het ook glo geglo dat sy en die kinders ‘n las vas vir Graham.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpsUsB5XkAAKkI0

Paastyd padsterftes neem met 45,6% af

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

Ander Nuus Artikels

Internasionale perspektief
Meloni blom in besoek aan Trump
Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende