6 Desember 2023
Die Suid-Afrikaanse dokter en veroordeelde driedubbele moordenaar, Lauren Dickason, sal tot volgende jaar moet wag vir vonnisoplegging.
Dickason is in Augustus deur die hooggeregshof in Christchurch, Nieu-Seeland, skuldig bevind aan die moord op haar drie kinders.
Die datum vir vonnisoplegging – wat aanvanklik vir 19 November vasgestel is – is uitgestel met geen toekomstige vonnisdatum wat nog toegeken is nie.
‘n Plaaslike koerant – die New Zealand Herald – berig dat die saak op die 2e Februarie aanstaande jaar hervat, en dat daar op dié dag moontlik ‘n nuwe vonnisverhoordatum vasgestel word.
Dickason het op 16 September 2021 haar drie dogters versmoor.