Lasbrief uitgereik vir inhegtenisneming van beweerde vakansie-swendelaar


Luister nou

Volgende

Lasbrief uitgereik vir inhegtenisneming van beweerde vakansie-swendelaar

8 Desember 2023

Die polisie het ’n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van Francois Swart, die besturende direkteur van die reisagentskap Priority Escapes. 

AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê Swart het na bewering verskeie voornemende vakansiegangers uit honderdduisende rande geswendel. Die eenheid verteenwoordig twee klaers wat in Augustus ’n strafregtelike klag teen Swart by die Modimolle-polisiestasie ingedien het.

Die hoof van die privaatvervolgingseenheid, advokaat Gerrie Nel sê die klaers het die totale bedrag aan die verdagte oorbetaal om hul vakansie te reël en hy het dokumente aan hulle gestuur om te bevestig dat die nodige vlieg- en verblyfreëlings getref is. Dié dokumente was egter vervals.

Nel sê sy kliënte is na bewering uit meer as R130 000 geswendel.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het op 7 Desember bevestig dat ’n J50 lasbrief vir arrestasie wel uitgereik is vir Swart.”

Nel sê hy hoop dat hierdie saak nou die aandag sal kry wat dit verdien.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Lasbrief uitgereik vir inhegtenisneming van beweerde vakansie-swendelaar


Luister nou

Volgende