My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Landwyd op DSTV en ons trek van Magaliesberg tot Skuilkrans

Hoofstuk 28 – 12 September 2023

Aangesien ons uitsaaivoetspoor op FM beperk was tot Pretoria en omgewing en die lisensiëring van ons herleistasies in 2013 nog onseker was, was dit van strategiese belang van die stasie om ons uitsendings ook oor DSTV se oudio boeket te laat uitsaai. Op daardie stadium het DSTV reeds nagenoeg 4 miljoen intekenare gehad van wie Afrikaners ‘n baie wesenlike deel uitgemaak het.

Daar was interessant genoeg op daardie stadium nog nie enige  Afrikaanse radiostasie uit Suid-Afrika op die DSTV platform nie. Slegs die Namibies-gebaseerde Radio Kosmos was daar te vinde.

Ons het dus besef dat ons iets gehad het om te bied en ‘n geleentheid om aan te gryp. Sarel du Plessis, wat pas afgetree het uit ‘n senior pos by Media24 het as bestuurskonsultant betrokke geraak. Sy taak was eenvoudig, om ons te help om op DSTV se oudiokanaal ingesluit te word.

Sarel skryf later soos volg oor sy herinneringe:

“My betrokkenheid by PretoriaFM was gedurende 2013/14 toe die stasie nog as Radio Pretoria bekend gestaan het. Willie Spies het my genader met ‘n versoek om die stasie by te staan om op DStv se oudio-kanale te kan uitsaai. Ek was vir 12 jaar werksaam by Media24 en het gelukkig die regte mense by Multichoice geken.

Ons het ‘n gesamentlike voorlegging aan die bestuurspan gedoen en het kort daarna die groenlig gekry dat ons aansoek suksesvol was. Dit het gelei tot ‘n mediaveldtog om die land se mense in te lig dat Radio Pretoria nou ook geluister kan word in Kaapstad, Durban en Bloemfontein.”

Die kanaalnommer wat aan die radio toegeken was, was 887. Die slagspreuk waarmee die kanaal reg oor die land bemark was het gelui “Kanaal 887, gee jou dorp lewe”.

Die sms-kode waarmee luisteraars sedertdien en nog steeds sedert 2013 met die stasie kommunikeer is nie verniet 47-887 nie!

Die insluiting van die radio op DStv se oudio-platform het die radio skielik toeganklik gemaak vir ‘n veel groter gehoor as wat op daardie stadium die geval was.

Sarel du Plessis het ook betrokke geraak by die advertensie verkope van die stasie. Sy ervaring uit die kommersiële mediabedryf was van onskatbare waarde. Hy skryf verder:

“Dit was ook baie aangenaam om vir die eerste keer in die stasie se bestaan adverteerders te nooi na inligtingsessies waartydens ons verhoudings kon bou en om terugvoer te kry van die maatskappye wat ons vertrou het met hulle reklame begrotings.”

Tong in die kies vertel hy verder:

“Willie het vir my ‘n kantoor aangebied in die ou ateljees in Braam Pretorius Straat. Met my intrek in die kantoor was ek ietwat ontsteld deur ‘n kartondoos vol kunstande en afdrukke van tande in my kantoor. Ek was te bang om te vra waar dit vandaan kom of hoekom dit in ‘n radiostasie gehou word.

Ek het dit toe maar toegemaak met ou koerante en gehoop dat dit nie gaan spook by my nie.

Maar ek kon sweer dat ek ‘n gekners kon hoor wanneer dit baie stil was in my kantoor.”

Namate die stasie homself herontdek het as ‘n sakeonderneming, wat finansieel moes slaag, het die tyd ryp geword vir die hervestiging van die stasie in nuwe moderne ateljees. Vroeg in 2014 het die stasie sy splinternuwe pasgemaakte ateljees in die HB Forum gebou in Val-de-Grace betrek, nadat Corrie Pretorius die nodige verkenningswerk gedoen het en ‘n geskikte perseel gevind het.

Corrie Pretorius onthou dit soos volg: “Die eerste groot uitdaging was om met omtrent geen begroting ons kantore en ateljees te skuif na ‘n nuwe perseel in Skuilkrans.  Dit het sommer in al die personeel se pype weer nuwe wind geblaas en die vernuwing was goed.  Dit was uiters uitdagend, maar oor en oor die moeite werd gewees om ook aan die publiek te wys dat ons vorentoe beweeg en nie stagneer in die verlede nie. Dit het ook veroorsaak dat besighede ons meer ernstig oorweeg het as hulle vennoot om te adverteer.

Intussen het ons weer geskuif na ons huidige kantore by Loftus Park om nog meer toeganklik en sigbaar vir die publiek te wees.

So het Pretoria FM sy groei-en ontwikkelingspad, met die hulp van ons luistergemeenskap en veral ook met die ondersteuning van instellings in die Afrikanerhuishouding, waarvan die Solidariteit Beweging van die vernaamstes was, tree-vir-tree gestap tot die gerekende stasie wat ons vandag is.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende