Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Landsburgers van 12 lande toegang tot die VSA verbied

Amerika se president Donald Trump het ‘n proklomasie onderteken wat die landsburgers van 12 lande toegang tot die VSA verbied.

Hierdie lande sluit in Afghanistan, die Demokratiese Republiek die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Eritrea, Haïti, Iran, Jemen, Libië, Mianmar, Somalië, Soedan en Tsjad.

Trump meen die maatreël is nodig om die land teen sogenaamde buitelandse terroriste en ander veiligheidsrisiko’s te beskerm. Die direktief is deel van ‘n poging om immigrasie in toom te hou.

Landsburgers van sewe ander lande se toegang sal gedeeltelik beperk word. Hierdie lande sluit Burundi, Kuba, Laos, Sierra Leone, Togo, Turkmenistan en Venezuela in.

Trump het in ‘n video op X gesê dat hy nie mense in die land gaan toelaat “wat Amerikaners skade wil berokken nie.” Volgens hom kan die lys aangepas word.

Die proklomasie tree op 9 Junie om 12:00 in werking. Visums wat voor die 9de Junie goedgekeur is, sal nie teruggetrek word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende