Lande wat Rusland bewapen is medepligtig, sê Zelenski


Luister nou

Volgende

Lande wat Rusland bewapen is medepligtig, sê Zelenski

15 Mei 2023

Die president van Oekraïne, Wolodimir Zelenski sê enigiemand wat Rusland bewapen is medepligtig in die voortslepende oorlog.

Sy uitsprake volg na hy Saterdag in ‘n telefoongesprek met President Cyril Ramaphosa was, oor die bewerings dat Suid-Afrika wapens en ammunisie aan Rusland verskaf het.

LEES OOK: VSA MOET REGERING STRAF EN NIÉ LANDSBURGERS NIE, VRA SOLIDARITEIT

Die Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika, Reuben Brigety het verlede week ‘n storm veroorsaak nadat hy tydens ‘n mediakonferensie gesê het dat die VSA genoegsame bewyse het dat Suid-Afrika Rusland bewapen het.

Hy het intussen met die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Naledi Pandor vergader en toegegee dat hy nie die regte kanale gevolg het nie. Hy het ook om verskoning gevra aan Suid-Afrika se regering en sy landsburgers.

LEES OOK: AMERIKAANSE AMBASSADEUR GEE TOE DAT HY NIÉ DIE REGTE KANALE GEVOLG HET NIE

Zelenski het in die telefoongesprek ’n beroep op Ramaphosa gedoen “om, saam met ander lande te help om Oekraïne se formule vir vrede te implementeer”.

Die Suid-Afrikaanse regering ontken die bewerings en het Amerika gevra om hul bewerings te staaf. 

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Lande wat Rusland bewapen is medepligtig, sê Zelenski


Luister nou

Volgende