23 November 2021
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het in ‘n verklaring bevestig dat landdros John Maloba vandag in die Johannesburgse Landdroshof bepaal het dat Naeem Deedat aanspreeklik gehou kan word vir die dood van sy vrou, Suraya Deedat, en hul vier kinders.
Suraya en haar kinders is in 2011 in ’n brand in hul huis in Johannesburg oorlede. Naeem is ongedeerd.
Volgens ‘n adviseur by die privaatvervolgingseenheid, Natasha Venter het die landdros verder gesê dat hy die geregtelike doodsondersoek (GDO) en sy besluit rakende die aanspreeklikheid van Naeem ag as ’n vangnet vir die Nasionale Vervolgingsgesag om te besluit om vervolging in te stel of nie.
Die NVG moet nou bepaal of hulle vir Naeem gaan vervolg meer as ’n dekade nadat hy na bewering sy hele gesin uitgewis het.
Die eenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, verteenwoordig die familie van Suraya sedert 2018 en het ook getuienis namens die familie in die GDO gelei.
Volgens Venter is hierdie ’n oorwinning vir Suraya se familie wat vir so lank aanhou veg het vir geregtigheid.
Stem vir die Aitsa’s