Laerskoolkind kry glo ‘n hartaanval weens Prime-energiedrankie


Luister nou

Volgende

Laerskoolkind kry glo ‘n hartaanval weens Prime-energiedrankie

11 Mei 2023

‘n Laerskool in Newport in Wallis het ‘n brief aan ouers gestuur waarin hulle weer ‘n beroep op ouers doen om nié toe te laat dat hulle kinders die nuwe Prime-energiedrankie inneem nie.

Dít kom nadat ‘n laerskoolleerling na bewering ‘n hartaanval gehad het nadat hy die drankie gedrink het. Volgens die Milton Laerskool moes die kind se maag gepomp word. Volgens die ouer gaan dit beter met die kind, maar meen ouers moet opnuut gewaarsku word.

LEES OOK: PRIME-DRANKIES MOET VERBIED WORD, VRA ONDERWYSORGANISASIES

Die energiedrankie het vir groot opspraak gesorg weens die feit dat twee gewilde YouYube meningsvormers, KSI en Logan Paul dit bemark het. Die drankie is verlede jaar in Engeland bekend gestel en was in ‘n stadium in Suid-Afrika te koop vir tussen R500- en R800. Checkers het egter vroeër vandeesmaand aangekondig dat hulle die drankie teen R40 kan verkoop.

Daar is twee tipes Prime-energiedrankies. Die een in die plastiekbottel bevat geen kafeïen nie, terwyl die Prime in die 355 ml blikkie 140 mg kafeïen bevat. In ‘n 355 ml Red Bull-blikkie is 110 mg se kafeïen.

LEES OOK: SLÉGS BANKREKENINGE MET BAIE ENERGIE KAN DIÉ ENERGIEDRANKIE BEKOSTIG

Gesondheidskenners het vroeër ‘n beroep op ouers gedoen om nie toe te laat dat hulle kinders die drankie drink nie, met talle Britse inkopiesentrums wat hulle eie reëls ingestel het waarin hulle kinders onder 16 jaar verbied om energiedrankies te koop.

Skole in Australië het reeds die drankie in skole verbied, terwyl onderwysorganisasies in Suid-Afrika vra dat dit verbied word.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laerskoolkind kry glo ‘n hartaanval weens Prime-energiedrankie


Luister nou

Volgende