Laer fases van beurtkrag moontlik weens minder eenhede wat onklaar raak, sê minister


Luister nou

Volgende

Laer fases van beurtkrag moontlik weens minder eenhede wat onklaar raak, sê minister

25 Junie 2023

Eskom het vroeër vanmiddag (25 Junie) tydens ‘n mediakonferensie gesê dat laer fases van beurtkrag moontlik is weens die feit dat minder kragopwekkingseenhede onklaar geraak het.

As die kragnetwerk stabiel bly sal beurtkrag tussen middernag en 16:00 môremiddag opgehef word. Die hoofbestuurder van Eskom se opwekkingsafdeling, Eric Shunmagum sê die kragvoorsiener is hoopvol dat laer fases van beurtkrag steeds die week sal geld, met fase 1 wat deur die dag geld en fase 4 saans.

Volgens hom is die vraag na elektrisiteit ook minder as waarvoor hulle beplan het.

Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa het tydens die konferensie gesê dat dit nagenoeg R210-miljard sal kos om die nasionale kragtnetwerk op te knap sodat bykomende alternatiewe kragbronne daarby gevoeg kan word.

Hy sê alternatiewe kragbronne soos windkrag en sonpanele se kapasiteit kan nie tot die kragnetwerk gevoeg word soos dit nou is nie, en sal daarom eers aangepas moet word. 

Volgens hom sal die privaat sektor met finansiering moet help omdat Eskom nie meer skuld mag aangaan nie. Hy het egter benadruk dat die bestuur van die kragnetwerk steeds die regering se verantwoordelikheid sal wees.

Volgens hom sál die regering beurtkrag oorwin en sal die ekonomie herstel.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Laer fases van beurtkrag moontlik weens minder eenhede wat onklaar raak, sê minister


Luister nou

Volgende