2 Augustus 2021
Die sesde en laaste kragopwekkingseenheid by die Medupi kragstasie in Ellisras/ Lephalale in Limpopo het uiteindelik operasionele status bereik.
Die konstruksie aan die Medupi kragstasie het in Mei 2007 begin, en het reeds sowat R122-miljard gekos.
Die kragstasie sal binnekort sy beloofde 4764 Megawatt se elektrisiteit kan lewer. Eskom sê in ‘n verklaring dat die verwagte lewensduur van die kragstasie ongeveer 50 jaar is.
“Hierdie is ’n belegging wat generasies van Suid-Afrika sal dien en die ekonomie vir minstens die volgende 25 jaar aandryf,” sê die kragvoorsiener se groepbestuurder vir kapitaalprojekte, Bheki Nxumalo.
#Eskom #MediaStatement
— Eskom Hld SOC Ltd (@Eskom_SA) August 2, 2021
Eskom Medupi’s last unit achieves commercial operation, marking completion of the project@SABCNews@eNCA @ewnupdates @Newzroom405 @News24 @TimesLIVE @mailandguardian @Fin24 @Moneyweb @EngNewsZA pic.twitter.com/110kAxT1CK
Hou Afrikaans op die lug