15 Julie 2021
Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala het om verskoning gevra nadat ‘n video sedert vanoggend wyd op sosiale media versprei is waarin hy glo ‘n beweerde plunderaar in Phoenix “aanrand.”
Volgens sy woordvoerder, Lennox Mabaso het die voorval gebeur toe die premier dele van Durban besoek het, wat die ergste geraak is deur plundery.
Zikalala sê hy is spyt oor sy gedrag. Volgens hom was dié betrokke persoon na bewering betrokke by die plundery van ‘n pakhuis.
Hy sê alhoewel dit nodig was om op te tree teen die beweerde plunderaar, kan sy aksie nié geregverdig word nie. “Ek glo steeds dat openbare geweld geen plek in die samelewing het nie.”
https://twitter.com/FloydShivambu/status/1415566396235395074
Hou Afrikaans op die lug