KYK: “Wêreld se vinnigste tiener” met helde-ontvangs by sy skool begroet


Luister nou

Volgende

KYK: “Wêreld se vinnigste tiener” met helde-ontvangs by sy skool begroet

15 Augustus 2024

Die 18-jarige atleet, Bayanda Walaza is vanoggend met ‘n helde-ontvangs by sy skool, Curro Hazeldean verwelkom nadat hy as deel van die aflosspan ‘n silwer medalje kon inpalm vir Suid-Afrika by die 2024 Olimpiese Spele. 

Hy is vanjaar in matriek en sal Maandag begin met sy Rekord-eksamen.

Bayanda en minister Gwarube.

Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube was daar om hom geluk te wens, saam met onderwysers, leerlinge, sy ma, ander familielede en vriende.

Gwarube het aan Walaza en sy mede-leerlinge gesê hoe belangrik spanwerk is, soos in die geval van die aflosspan. “Wees die tipe spanlid, wat jy graag as spanlid in jou span sal wil hê. Wees lojaal, betroubaar, en daag op vir jou span.”

Gwarube het die medalje aan Bayanda oorhandig. Die uitvoerende hoof van Curro Holdings, Cobus Loubser het tydens die verrigtinge gesê dat Bayanda die eerste Olimpiese-spanlid is wat in dié skoolgroep is.

“Hy is die toonbeeld van die tipe waardes wat ons vir ons kinders wil leer. Ons voel geëerd om deel te wees van Bayanda se reis, en sien uit daarna om te sien hoe hy verder mense inspireer beide op en van die baan af.”

Sy tannie, Nthabiseng Makinta het vertel dat Bayanda vir lank bang was vir enige harde klanke, of die klank van geweerskote omdat hy as ‘n 10-jarige seun by sy pa was, toe hy in Kathlehong doodgeskiet is. Volgens haar kan hy nou die klank van ‘n geweerskoot met iets positief verbind, soos die begin van ‘n 100 meter of 200 meter-item.

Sy afrigter, Thabo Matebedi was saam met Bayanda in Frankryk, en meen dit was die spanningsvolste 30 sekondes van sy lewe. Hy sal binne die volgende paar weke saam met Bayanda na Peru vertrek waar hy aan die Onder 20-Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.

Ma, atleet en afrigter.

Hy is reeds bestempel as die vinnigste tiener ter wêreld met ‘n tyd van 10,13 sekondes in die 100 meter.

Volgens Bayanda sal mense hom defentief by die 2028 Olimpiese Spele in Amerika sien.

Hy het aan sy skoolmaats, onderwysers, afrigter en familie gesê dat die medalje nie net aan hom behoort nie, maar almal as ‘n herhinnering dat “jy nooit moet ophou droom nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

KYK: “Wêreld se vinnigste tiener” met helde-ontvangs by sy skool begroet


Luister nou

Volgende