19 September 2022
Die vragmotorbestuurder wat glo verantwoordelik is vir die ongeluk waarin 21 mense oorlede is, sal vandag in die landdroshof in Pongola in KwaZulu-Natal verskyn.
Die vragmotorbestuurder het homself Saterdag aan die polisie oorhandig nadat die ongeluk die vorige dag (16 September) plaasgevind het.
Beeldmateriaal wys hoe die bestuurder van die vragmotor gepoog het om ander vragmotors verby te neem, en toe teen ‘n hoë spoed teen ‘n aankomende bakkie gebots het.
19 van die slagoffers was kinders tussen die ouderdom van 5-en 12 jaar.
Hulle was oppad terug van die skool af.
https://twitter.com/Leeuwlouw/status/1571011438436843525