2 Februarie 2022
‘n Vragmotorbestuurder is dood nadat hy beheer oor sy voertuig verloor en deur ‘n huis gebars het.
Die botsing het vroeër vandag op di N1 tussen De Doorns en Worcester – in die Kaapse Wynlande – plaasgevind.
‘n Tweede voertuig wat in die botsing betrokke was, het op die ryvlak tot stilstand gekom en het daartoe gelei dat die pad gesluit moes word. Hoewel niemand in die huis beseer is nie, is dit sodanig beskadig dat dit gesloop sal moet word.
Die stadsraad sê hy sal alles in sy vermoeë doen om die inwoners van die huis by te staan.
Western Cape – N1 Route (Update): #TruckCrash at De Doorns pic.twitter.com/ZYNwz3JvRx
— TrafficSA (@TrafficSA) February 2, 2022