8 September 2022
‘n Video, wat steeds wyd op die sosiale media versprei word, oor die opening van ‘n nuwe voetgangersbrug in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), het Suid-Afrikaners laat skaterlag.
Beamptes het met glimlagte op die brug in die hoofstad, Kinshasha gereed gestaan om die lint te knip. Hul gesigsuitdrukkings het egter na skok verander toe die brug inmekaar gesak het.
Albei die handrelings het gebreek en die middelgedeelte van die brug het ‘n paar meter ondertoe in ‘n stroompie beland.
Hoewel niemand beseer is nie was die ego’s van die beamptes erg geknou te midde van bespiegelings onder Twittergebruikers of die ANC dalk die brug gebou het.
https://twitter.com/omwambaKE/status/1567037811802390528
https://twitter.com/bradleymain17/status/1567477302837002243