26 Julie 2023
Twee vlieëniers is dood toe die vliegtuig, waarmee hulle gehelp het om weghol-veldbrande in Griekeland te bestry, gisteraand neergestort het.
Die twee vlieëniers was onderskeidelik 34- en 27-jaar oud, en was deel van die Griekse Lugmag. Die Griekse premier, Kyriakos Mitsotakis, het gewaarsku dat daar nog moeilike dae voorlê. Dit kom te midde van die brande, wat daartoe gelei het dat toeriste van die eiland, Rhodos ontruim moes word.
In ‘n video van die vliegongeluk kan gesien word hoe die vliegtuig water spuit en dan skielik neerstort.
Mitsotakis sê die vlieëniers was deel van ‘n groep van 100 brandbestryders. Talle huise moes ontruim word.
