23 Maart 2022
Waarskuwing: Die videos kan sensitiewe kykers ontstel.
Twee videos van twee grusame motorongelukke in Mpumalanga word tans wyd op sosiale media versprei.
In die eerste voorval is een persoon dood nadat ‘n taxi Sondagmiddag (20 Maart) op die N12 naby Delmas met ‘n sportnutsvoertuig gebots het. In die video kan gesien word hoe ‘n persoon uit die taxi geslinger word.
Daar word beweer dat die taxi-bestuurder aan die slaap geraak het.
Waarskuwing: Die onderstaande video bevat kru taal.
Look at this crash! It apparently happened in Mpumalanga. ⚠️ Language. pic.twitter.com/QoZYaXu5WK
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) March 22, 2022
Die tweede ongeluk het vroeg gisteroggend ook in Mpumalanga op die N2 tussen Ermelo en Piet Retief plaasgevind.
In ‘n video van die ongeluk kan gesien word hoe vier mans probeer om ‘n vragmotor te waarsku van ander stilstaande voertuie in die pad, maar die vragmotorbestuurder kon nie vinnig genoeg stop nie. Die sig was weens mis belemmer.
Die koerant, MpumalangaNews berig dat twee mense kritiek beseer is en in ‘n nabye hospitaal opgeneem.
Crash: N2 between Ermelo and Piet Retief, Mpumalanga. pic.twitter.com/hNysKeqhJW
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) March 22, 2022
ACCIDENT ON THE N2 ERMELO PIET RETIEF, MPUMALANGA. 4 HMV'S & 4 SEDANS IN INVOLVED. ROAD CLOSED. AVOID. pic.twitter.com/QF3aVoslBP
— SCP SECURITY (@SCP_SECURITY) March 22, 2022