24 Augustus 2022
Die Universiteit Stellenbosch se koor het Maandag passasiers aan boord ‘n SAL-vlug na Kaapstad bederf met ‘n reis, wat hulle waarskynlik nie gou sal vergeet nie.
Die koor was van Johannesburg op pad terug na Kaapstad, nadat hulle in Nigerië was om by ‘n begrafnis op te tree. Die dirigent, André van der Merwe sê hulle was aanvanklik huiwerig omdat hulle ‘n deurnag vlug van Lagos gehad het.
Die koor het Sondagaand om 22:00 uit Lagos vertrek. Hulle aansluitingsvlug van Johannesburg na Kaapstad was Maandagoggend 07:00.
Videos van die “optrede” is sedertdien wyd op sosiale media versprei.
https://twitter.com/StellenboschUni/status/1562028910816231424