Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

KYK: Twee wagte afgedank ná 13-jarige pasiënt aangerand is

2 Oktober 2023

Die video kan sensitiewe kykers ontstel.

Die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal sê twee veiligheidswagte is afgedank nadat hulle na bewering ‘n 13-jarige seun in ‘n hospitaal aangerand het. 

‘n Video van die voorval word tans wyd op sosiale media versprei. Volgens die gesondheidsdepartement het die voorval verlede Donderdag (28 September) in ‘n hospitaal in Ladysmith plaasgevind. 

Die departement sê die wagte is deur ‘n private maatskappy aangestel. Die persoon wat die video opgeneem het, het dit glo gedoen om aan iemand te stuur sodat dit as bewyse kan dien.

Die woordvoerder van die KwaZulu-Natalse gesondheidsdepartement, Ntokozo Maphisa sê ‘n dringende ondersoek is begin sodra hulle van die voorval in kennis gestel is. ‘n Interne dissiplinêre proses is ook begin om die verpleegpersoneel te ondersoek, en waarom hulle nie die voorval gekeer het nie.

Intussen is die pasiënt na ‘n ander hospitaal in Durban oorgeplaas. 

https://twitter.com/MDNnewss/status/1708075461933256852

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende