My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

KYK: Twee legendes kry uiteindelik na 50 jaar hulle Springbok-pette

29 Februarie 2024

Twee legendariese, oud-Springbokrugbyspelers, Frik du Preez (88) en Thys Lourens (80) het na nagenoeg 50 jaar uiteindelik hulle Springbok-pette ontvang.

Frik du Preez.

Dit is ‘n jare lange tradisie vir rugbyspelers om hierde gesogte pette te ontvang wanneer hulle gekies word vir die Springbokspan.

Al staan Lourens in sommige kringe bekend as “meneer Curriebeker”, en het hy 168 keer vir Noord Transvaal (Blou Bulle) uitgedraf, het hy nooit amptelik ‘n pet ontvang vir sy drie wedstryde in die groen en goud nie.

Du Preez word beskou as Suid-Afrika se beste rugbyspeler van die 20ste eeu, en het 38 keer die Springbokke verteenwoordig, máár ook hy is nooit “gecap” soos wat daar na hierdie tradisie verwys word nie.

‘n Groep vriende, en ander oud-Springbokke het egter besluit dat dit nie sal duld nie, en het toe self ingespring om seker te maak dat die twee spelers wel hulle pette ontvang. Die seremonie is deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie goedgekeur en erken.

Thys Lourens.

Die petter is spesiaal vir hulle gemaak, en lyk presies soos wat dit sou lyk in daardie jare. Lourens en Du Preez is op Woensdagmiddag, 28 Februarie 2024 na vriende se huis gelok met die verwagting dat hulle ‘n verjaarsdag gaan vier. Min het hulle egter besef dat hulle vereer gaan word vir hulle diens in die nasionale rugbyspan.

Lourens het na afloop van die seremonie gesê dat dit hom ‘n reuse eer is, en meen al was dit byna te laat is hy dankbaar dat hy wel dié blydskap kon ervaar. “My pet kan dalk weggeneem word, maar die feit dat ons Springbokke is, sal nooit van ons weggeneem kan word nie.”

Du Preez sê al is hy ‘n man wat altyd iets te sê het, het dié verrassing hom sprakeloos gelaat. “Ek sê altyd dat ek nooit vir geld gespeel het nie, maar dat ek weens my rugby-loopbaan baie goeie vriende gemaak het, en dit is danksy hulle wat ek vandag ‘gecap’ kon word.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende