My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

KYK: Twee kinders in springkasteeltragedie in Krugersdorp beseer

Die twee laerskoolkinders wat in ‘n fratsongeluk uit ‘n springkasteel geval het, is uit die hospitaal ontslaan nadat hulle ernstig beseer is.

Dit kom nadat die springkasteel waarop hulle was deur ’n rukwind in die lug tydens die Laerskool Protearif in Krugersdorp se Proteafees opgeswiep is.

Die kasteel het glo ’n hoogte van tót drie verdiepings bereik vóór die kinders uitgeslinger is.

Dis onduidelik of die toue of ankermeganismes deur die wind afgeruk is en of die kasteel nooit vasgemaak was nie.

Die saak is na die departement van basiese onderwys verwys vir verdere ondersoek.

Die Citizen berig dat een kind ’n skedelfraktuur opgedoen en die ander ’n arm gebreek het, maar dit kon nie bevestig word nie.

Die skool het op sy Facebook-blad geskryf dat die nodige trauma-berading aan die betrokke twee kinders sowel as ander leerlinge gebied is. “Wat ‘n voorreg dat Laerskool Protearif, altyd kan staatmaak op ons ouers én die breër Krugersdorp- gemeenskap se ondersteuning.”
Intussen is die persoon wat in 2021 ‘n springkasteel in Australië bedryf het toe ses kinders dood is, Vrydag (Australiese tyd) onskuldig bevind op alle aanklagte teen haar.
Die 2021-voorval in Australië.
Soos met die voorval by die Laerskool Protearif, het ‘n rukwind die springkasteel by ‘n gesinsdag van die Hillcrest Laerskool in Devonport, Tasmanië in die lug opgelig, waarna vyf van die kinders sowat 10 meter ver geval het.
Die sesde kind is dood toe die motor van die springkasteel hom teen die kop getref het.
Rosemary Anne Gamble, die eienaar van die springkasteel-maatskappy, Taz Zorb is onskuldig bevind op aanklagte dat sy nalatig was en nie die nodige veiligheidsmaatreëls gevolg het nie.
Die hof het aangevoer dat Gamble niks meer kon doen om die voorval te verhoed nie. Die kinders wat dood is, was tussen 11- en 12 jaar oud. Ander kinders is ook beseer.
Video: Hein Kaiser, The Citizen. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende