31 Augustus 2023
Chaos het weer vandag in die Tshwane metroraad se raadsaal uitgebreek nadat lede van die EFF tydens ‘n vergadering op die burgemeester, Cilliers Brink toegesak het.
Raadslede van die EFF wou nie vir Brink ‘n spreekbeurt gee nie, en het plakkate rondgeswaai en probeer om Brink fisies by te kom.
Lede van die regerende koalisie het ‘n kring om Brink gevorm en gekeer dat die rooi berette by hom uitkom.
Die speaker van die raad moes die vergadering noodgedwonge verdaag nadat verskoning gemaak is vir die gebrekkige veiligheidsmaatreëls.
Luister ook hieronder na die onderhoud wat Anton Meijer vandag, 31 Augustus met die burgemeesterskomiteelid, Grandi Theunissen gevoer het.
