8 Februarie 2022
Transnet ondersoek die oorsaak van ‘n brand, wat vanoggend op ‘n wa van die luukse Blou Trein uitgebreek het.
Die woordvoerder van Transnet, Ayanda Shezi sê die brand het ontstaan terwyl dié wa vir herstelwerk by die maatskappy se ingenieursfasiliteit in Koedoespoort was.
Hy sê hoewel die ondersoek nog aan die gang is, het drie mense kort na die brand ontstaan het van die toneel weggehardloop. Een persoon is deur Transnet-veiligheidswagte aangekeer en aan die polisie oorhandig, terwyl die ander twee nog gesoek word.
“Die betrokke wa is sedert November by die werkswinkel nadat dit ontspoor het,” sê Shezi. Hy sê die ondersoek na die November-voorval is reeds afgehandel en dus sal vandag se voorval nie dié ondersoek raak nie.