7 Desember 2021
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het bevestig dat die beamptes van die Tshwane-Metropolisie (TMPD) wat vir Kymie du Toit in Desember 2019 in Pretoria afgetrek het, vervolg gaan word op aanklagte van aanranding.
Die dossier is gister na die Hatfield-landdroshof oorgeplaas en die verdagtes sal nou gedagvaar word nadat ’n hofdatum vir hul eerste verskyning bepaal is. Dit volg nadat AfriForum in 2020 aangekondig het dat die Privaatvervolgingseenheid vir Du Toit gaan bystaan met die strafregtelike klagtes wat sy teen die betrokke beamptes gelê het.
‘n Video is destyds wyd op sosiale media versprei waarin dit blyk asof Du Toit, ‘n kleuterskooljuffrou deur die beamptes aangerand word.
Die hoof van AfriForum se Privaatvervolgingseenheid, advokaat Gerrie Nel sê beamptes wat skynbaar hulle mag misbruik, moet daarvoor verantwoordbaar gehou word.
“Die samelewing kan nie bekostig dat wetstoepassers wat veronderstel is om die wet af te dwing dit, ten koste van wetsgehoorsame burgers, verbreek nie. Wanneer ’n vrou alleen in die nag vreesbevange is om deur die verkeerspolisie afgetrek te word, is dit ’n aanklag teen die verkeerspolisie en die samelewing se vertroue in die bona fides van hul voornemens. Ons hoop dat hierdie saak ander wetstoepassers, wat hulself skuldig maak aan magsvergrype, sal laat herbesin oor die wyse waarop hulle wetsgehoorsame burgers hanteer,” sê Natasha Venter, adviseur by AfriForum se Privaatvervolgingseenheid.
#UPDATE If anyone knows the lady, Kymie Du Toit, personally, please ask her to get in touch with me or DM her contact details. https://t.co/Gt0mvB7zHN
— Cliff – That's All (@PigSpotter) December 7, 2019