6 Januarie 2022
Motoriste wat deur die Karoo reis word gemaan om op hulle hoede te wees vir swerms bruin sprinkane.
Die bedryfsbestuurder van Croplife SA, dr Gerhard Verdoorn sê hoewel duisende hektaar in die Karoo deur swerms sprinkane bedek word, is die gevaar van `n padveiligheidskrisis groter.
Hy het `n beroep op motoriste gedoen om stadig te ry indien hulle `n swerm sou teëkom en hulle voorruite so spoedig moontlik daarna met seepwater te was.
Verdoorn sê die moontlikheid bestaan wel dat die sprinkane later na die gewasgebiede in die Vrystaat en Noord-Kaap kan beweeg.
Hy het ook `n beroep op boere gedoen om swerms by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aan te meld.
https://twitter.com/Klankkoerant/status/1478996283926925315