Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

KYK: Somaliese atletiekhoof geskors toe onopgeleide atleet aan internasionale kompetisie deelneem

4 Augustus 2023

Die hoof van atletiek in Somalië is geskors nadat ‘n video wyd op sosiale media versprei is waarin ‘n 20-jarige atleet langer as 21 sekondes geneem het om ‘n 100 meter wedloop op die Wêrelduniversiteitspele te voltooi.

Nasra Abukar Ali het laaste gekom in die wedloop wat in China gehou is. Haar tyd was byna twee keer stadiger as die wenner, Gabriela Mourão van Brasilië. Volgens die nuusdiens, Aljazeera was Ali se tyd so stadig dat sy vir die grootste deel van die resies nie op kamera gesien kon word nie.

Somalië se minister van sport, Mohamed Barre Mohamud sê ondersoeke het daarop gewys dat Ali géén agtergrond as ‘n atleet het nie.

Die voorsitter van atletiek in Somalië, Khadijo Aden Dahir is geskors nadat dit aan die lig gekom het dat sy Ali ingeskryf het, wat ook haar niggie is. Volgens Mohamud sal hulle regstappe neem. Volgens hom is daar ook geen Somali University Sports Association soos wat Dahir op die aansoekvorms aangedui het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende