Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

KYK: Slagoffer het handsakdief in die sakkie

28 September 2023

Die bestuurder van ’n Toyota Tazz word deur sosialemediagebruikers as ’n held beskou nadat sy ’n rower agternagesit het – wat haar handsak gesteel het – en hom in ’n besige straat in Durban met haar motor raakgery het.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval wys hoe twee mans haar voertuig by ‘n valhek langs ‘n vulstasie nader waar hulle die bestuurder se deur oopmaak en haar handsak steel.

Hul poging om die motor te steel word gefnuik toe ‘n ander motoris hulle probeer omry, waarna hulle op die vlug slaan.

Terwyl een in ‘n wagtende motor spring, sit die vrou die ander een agterna en ry oor ‘n middelmannetjie waarna sy die verdagte tref.

Sosiale media-gebruikers sê hulle sal die vrou ten alle koste verdedig as sy aangekla word omdat sy die dief raakgery het.

Die polisie se luitenant-kolonel Nqobile Gwala sê ‘n 28-jarige verdagte is aangekeer en sal binnekort in die hof verskyn.

Die gesteelde handsak is terug gevind.

Video: Yusuf Abramjee

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende