8 Maart 2022
‘n Aanklag van aanranding is aanhangig gemaak teen ‘n onderwyser aan die Wessel Maree Sekondêre Skool in Odendaalsrus nadat ‘n video versprei is waarin hy ‘n kind stamp.
In die video kan gesien word hoe die kind oor ‘n tafel val en dan vermoedelik op die grond te lande kom. Dié voorval het verlede Vrydag op die 4de Maart plaasgevind en die onderwyser is intussen deur die provinsiale onderwysdepartement geskors.
Volgens die Vrystaatse polisiewoordvoerder, kaptein Stephen Thakeng het die ouers van die 14-jarige seun gistermiddag ‘n aanrandingsklag teen die onderwyser by die polisie ingedien.
Die voorval het tot samekomste buite die skool gelei, met lede van die Kongres van Suid-Afrikaanse Student (Cosas), wat die onderwyser as ‘n rassis bestempel het.
@SASCO_Jikelele @EFFSC_Witbank @pasma_wits
— moshe kholong (@Diplomaticmoshe) March 6, 2022
Odendaalsrus pic.twitter.com/ub7NhjhSlf