25 Februarie 2022
President Cyril Ramaphosa sê die konflik wat tans in Oekraïne aan die gang is, is onnodig en kan deur middel van vreedsame gesprekke opgelos word.
Hy het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou waarin hy die situasie tusssen Rusland en Oekraïne bespreek het. Ramaphosa sê mense wat hulle lewens verloor en infrastruktuur wat beskadig word is heeltemal onnodig.
Volgens hom behoort die Verenigde Nasies ‘n groot rol te speel in vredesgesprekke tussen die twee lande. Ramaphosa sê die situasie beïnvloed nie net die twee betrokke lande nie, maar die hele wêreld.
https://twitter.com/CyrilRamaphosa/status/1497145873351917571
https://twitter.com/CyrilRamaphosa/status/1497137404133662759