2 Junie 2022
‘n Video van ‘n man, wat ‘n kangaroe neer gegooi het nadat die dier hom glo aangeval het, is wyd op sosiale media versprei.
Volgens die koerant, The Mirror het die voorval vroeër vandeesweek in Nieu-Suid-Wallis in Australië plaasgevind. In kringtelevisiebeeldmateriaal kan gesien word die dier agter die man aan hardloop waarna hy die man aanval.
Volgens die koerant is die man nie ernstig beseer nie en kon daarin slaag om die dier tot die grond te dwing.
Nieu-Suid-Wallis se departement van omgewingsake en bewaring meen kangaroe’s word dikwels uitgebeeld as saggeaarde diere, maar dat hulle aggressief kan raak indien hulle bedreig voel.
ROO RUMBLE: A man has found himself squaring off with a kangaroo in New South Wales' Northern Rivers region.🦘
— 9News Sydney (@9NewsSyd) May 30, 2022
The man was able to pin down the large marsupial, but not without copping a few blows. #9News pic.twitter.com/csfS83jN27