KYK: Rietvlei Natuurreservaat verwelkom vyf nuwe jagluiperd-welpies


Luister nou

Volgende

KYK: Rietvlei Natuurreservaat verwelkom vyf nuwe jagluiperd-welpies

15 Maart 2022

Die Tshwane-metro sê hy is verheug om vyf nuwe jagluiperd-welpies by die Rietvlei Natuurreservaat te verwelkom. 

Die burgemeester, Randall Williams sê die welpies is sowat ses weke oud en is die afgelope naweek vir die eerste keer gesien. Hy sê die ma se naam is Njozi, wat drome in Swahili beteken. Sy is sedert 2002 in die Rietvlei Natuurreservaat en word daar aangehou vir teeldoeleindes.

Hy het ‘n beroep op besoekers gedoen om die ma en haar welpies se spasie te respekteer.

“Wanneer Njozi en haar welpies gesien word, raai ons besoekers aan om tussen 20- en 30 meter van hulle af te wees en skakel u motor af sodat daar geen harde geluide is nie,” sê Williams.

https://twitter.com/CityTshwane/status/1503302151761801216
https://twitter.com/CityTshwane/status/1503305150915559424

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

KYK: Rietvlei Natuurreservaat verwelkom vyf nuwe jagluiperd-welpies


Luister nou

Volgende