KYK: Pretoria-man skuldig bevind aan die aanranding van sy vrou


Luister nou

Volgende

KYK: Pretoria-man skuldig bevind aan die aanranding van sy vrou

Waarskuwing die videos kan sensitiewe kykers ontstel.

8 Junie 2022

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het nóg sukses gesmaak nadat Jaco Swart – ‘n oortreder wat van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla is – gistermiddag in die Pretoria-Noord streekhof skuldig bevind is.

Swart is ‘n boete van R20 000 opgelê, tesame met drie jaar gevangenisstraf – wat vir vyf jaar opgeskort is – nadat hy skuldig gepleit het.

Die vervolgingseenheid het die slagoffer – Swart se vervreemde vrou, Nicoleen – verteenwoordig kragtens ‘n waaksaamheidsopdrag.

Kringtelevisie-beeldmateriaal van hul besigheidsperseel wys hoe Swart sy vrou in 2018 slaan, stoot en skop. Van hierdie wrede aanvalle het voor die paartjie se twee kinders plaasgevind.

Voordat die eenheid betrokke geraak het, is die saak van die rol geskrap en Swart se vervolging gestaak.

“Alhoewel ek teleurgesteld is in die vonnis wat die hof opgelê het, is ek verheug oor die skuldigbevinding. Dit stuur ’n sterk boodskap uit aan vrouens dat hulle moet opstaan teen geslagsgebaseerde geweld en dat daar altyd ’n gewillige oor is wat bereid is om te luister,” het Nicolene na die uitspraak gesê.

Die kringtelevisie-beeldmateriaal – https://we.tl/t-Mf92Jh6kR7

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

KYK: Pretoria-man skuldig bevind aan die aanranding van sy vrou


Luister nou

Volgende