Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

KYK: “Polisie gereed, ondanks géén bewyse van terreur-aanval,” sê Cele

28 Oktober 2022

Die minister van polisie Bheki Cele sê daar is geen rede vir Suid-Afrikaners om bekommerd te wees oor ‘n terreur-waarskuwing deur die Amerikaanse ambassade nie.

Cele is tans by die Moses Mabhida stadion in Durban waar die Zoeloe-koning, Misuzulu kaZwelithini môre tydens ‘n seremonie ‘n sertifikaat van herkenning sal ontvang. Cele het tydens ‘n onderhoud gesê dat daar – volgens die Suid-Afrikaanse Polisie – geen bewyse van ‘n terreur-aanval is nie. 

LEES OOK: SANDTON CITY SAL OOPBLY TE MIDDE VAN TERREUR-WAARSKUWING

Die Amerikaanse ambassade het Woensdag mense gewaarsku om nie die naweek groot byeenkomste by te woon nie omdat hulle inligting van ‘n terreur-aanval in Sandton ontvang het. Ook die Britse regering het ‘n waarskuwing uitgereik. 

Cele sê die polisie is gereed vir enige aanvalle, maar meen daar bestaan geen bewyse nie. Hy sê selfs al was daar nie ‘n terreur-waarskuwing nie, is die polisie gereed om enige voorval te beveg en om Suid-Afrikaners veilig te hou. 

LEES OOK: METROPOLISIE OP ‘N HOË GEREEDHEIDSGRONDSLAG TE MIDDE VAN TERREUR-WAARSKUWING

Die minister sê ná Julie 2021 se onluste het die land talle soortgelyk waarskuwings ontvang, maar die polisie het bewys dat hulle dit ernstig kan opneem.

https://twitter.com/LirandzuThemba/status/1585934389384343552

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende