Diep Liriek en Sondagkeur saam met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende

KYK: Paul Kruger se kantoor vir die eerste keer in jare wéér oop vir die publiek

6 Oktober 2023

Die voormalige president van die Zuid-Afrikaanse Republiek, Paul Kruger se kantoor in die Ou Raadsaal in Pretoria se kerkplein, is nou vir die eerste keer in tale jare oop vir die publiek.

Die amptelike opening van Kruger se kantoor by die Ou Raadsaal op Kerkplein het op 23 September plaasgevind.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) sê hy ondersteun die Tshwane-metroraad in die besluit om die historiese vertrek vir die publiek oop te stel, wat die groter storie van Kruger en sy rol in die Afrikanergeskiedenis vertel.

Volgens die FAK het die Tshwane-metro ten doel om toerisme in Pretoria op te skerp deur toere aan te bied, wat die fokus plaas op oud-president Paul Kruger en sy lewe. James Boale, ‘n erfenisspesialis in die Tshwane-metro sê hy is opgewonde oor die projek.

“Op die ou end wil ons graag Kerkplein opknap en na sy vorige glorie herstel, sodat dit meer besoekers lok.” Op 6 Mei 1889 is die hoeksteen van die Ou Raadsaal, ontwerp deur die argitek Sytze Wierda, deur Paul Kruger gelê en is in 1891 voltooi.

Die Kruger-kantoor sal van Oktober af, Paul Kruger se verjaarsdagmaand, oop wees vir publieke besoeke. Besprekings kan by [email protected] gedoen word. Besoekers sal nie net Kruger se kantoor sien nie, maar ook die kantoor van die staatsekretaris, WJ Leyds en ‘n raadsaal waar belangrike besluite geneem is, Die Staatskoerant se verskei weergawes is ook te sien.

Klankkoerant se verslaggewer, Mari Oosthuizen het die kantoor besoek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Diep Liriek en Sondagkeur saam met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende