16 Januarie 2022
Inwoners van Parys, in die Vrystaat, vrees vir hulle eiendom nadat ontstoke inwoners van Tumahole en Schonkenville die strate ingevaar het om hulle ontevredenheid met die stadsraad se gebrek aan dienslewering te toon.
Honderde betogers – wat skoolkinders insluit – het na die sentrale sakekern opgeruk om hulle ongelukkigheid te toon.
Die dorp – wat deel vorm van die Ngwathe plaaslike munisipaliteit – sukkel al geruime tyd met waterverskaffingsprobleme.
Kragonderbrekings – weens verouderde infrastruktuur en agterstallig skuld aan ESKOM – kom ook algemeen voor.