13 November 2023
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het ‘n dreigement aan ‘n kabinetsminister gerig, wat glo voete sleep om wetgewing goed te keur, wat misdaadvoorkomings-bewaarders toelaat om meer bedryfsmagte te hê.
Dit is nie in hierdie stadium bekend wie die minister is nie.
In ’n video wat op sosiale media die rondte doen, kan gehoor word hoe Lesufi sê” “jou dae is getel”.
Sosiale media-gebruikers lei af dat Lesufi na die minister van polisie, Bheki Cele of die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola verwys
6 000 inwoners van Gauteng is in April genader as deel van die premier se verbintenis om misdaad in die provinsie te bekamp. Hulle was deel van ‘n opleidingsprogram van drie maande lank.
Die groep is opgelei om die bestaande wetstoepassers in die bekamping van misdaad op wyksvlak te help.
FINGER-WAGGING GAUTENG PREMIER, PANYAZA LESUFI, TO MINISTER OF POLICE, BHEKI CELE: YOUR DAYS ARE NUMBERED pic.twitter.com/1AoRA3Bha1
— Mr. Tshweu (@TshweuMoleme) November 12, 2023