14 Februarie 2022
Die departement van basiese onderwys se woordvoerder, Elijah Mhlanga, het vanmiddag op Twitter gesê die departement se kantore in Pretoria is onder beleg van ontstoke ouers wat ontevrede is met die plasing van hulle kinders in skole.
Volgens Mhlanga is die gebou binnegedring, versters gebreek en personeel aangerand.
Hy het selfs sover gegaan om te sê dat personeel aangeval word.
Die volle omvang van die skade is nog nie bekend nie, maar veiligheidsdienste en die polisie is ontbied om beheer oor die toneel te kry en die gemoede te probeer kalmeer.
https://twitter.com/ElijahMhlanga/status/1493186866002243586
https://twitter.com/ElijahMhlanga/status/1493223528530948105