My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

KYK: Onderonsie tussen EFF en AfriForum draai by polisiekantoor

11 Julie 2023

Die EFF in Pretoria het ‘n strafsaak by die polisie aanhangig gemaak nadat lede van die burgerregtegroep, AfriForum, glo plakkate oor die party se 10e verjaarsdagvieringe in Gezina afgehaal het.

Een van die lede van AfriForum het op sý beurt die lede van die EFF van intimidasie beskuldig en gesê hulle sal op hul beurt dienooreenkomstige klagte by die polisie lê.

Die leier van die EFF in dié streek, Obakeng Ramabodu sê indien AfriForum in gebreke bly om die plakkate aan hulle terug te besorg sal hulle geen ander keuse hê nie as om op Afriforum se voorstoep bymekaar te kom.

AfriForum se woordvoerder, Jacques Broodryk sê hulle dra kennis van die bewerings teen vrywilligers van een van AfriForum se takke en het begin met ‘n ondersoek na die voorval in ‘n poging om ‘n vreedsame oplossing te kry.

Broodryk het terug gekap oor die EFF se dreigemente om buite AfriForum se kantore te betoog en sê in só geval sal AfriForum binne die wet optree om sy eiendom en werknemers te beskerm.

Foto: EFF

https://twitter.com/RamaboduObakeng/status/1677576544389038081
https://twitter.com/TshwaneEff/status/1677383321515601920
KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende