17 April 2023
Die N1-suid tussen die Proefplaas-wisselaar en die Lynnwoodweg-afrit is steeds gesluit vir verkeer, na twee vragmotors gisteraand op die snelweg gebots het.
Nooddienspersoneel is nog besig met opruimingswerk.
Motoriste word tans herlei na die N4-snelweg, en motoriste word aangeraai om die snelweg te vermy.
Die bestuurder van een van die vragmotors is na die hospitaal geneem, terwyl die ander bestuurder van die ongelukstoneel gevlug het.
Volgens berigte het een van die vragmotors gebruikte olie en motoronderdele vervoer.
https://twitter.com/crime_racism/status/1647852129715888130