1 Maart 2022
Waarskuwing: Die video kan sensitiewe kykers ontstel.
‘n Russiese missiel het vroeër vandag ‘n historiese regeringsgebou in Oekraïne se tweede grootste stad, Kharkiv totaal verwoes.

‘n Video van die ontploffing is wyd op sosiale media versprei. In die video kan gesien word hoe niksvermoedende motoriste naby die gebou verby ry, waarna die gebou skielik in ‘n vuurmassa verander.
Die Oekraïnse minister van buitelandse sake, Dmytro Kuluba het die voorval veroordeel en het ‘n beroep op ander lande gedoen om nog sanksies teen Rusland in te stel ná die voorval in Kharkiv.
Hy het op sy Twitter-rekening geskryf dat onskuldige mense met hulle lewens betaal weens die Russiese president, Vladimir Poetin se woede.
#Russia #Ukraine #UkraineRussia
— IWN (@A7_Mirza) March 1, 2022
Aftermath of missile attack and the damage inflicted to the area, #Kharkiv.
/107 pic.twitter.com/Kp94gtWF9J