3 Augustus 2022
Motoriste word gewaarsku om die M1, in die rigting van Pretoria te vermy en om alternatiewe roetes te gebruik nadat minibus-taxis verskeie paaie in die Pretoriase middestad versper het.
Volgens ooggetuies is dit veral in die omgewing van die Kgosi Mampura-gevangenis waar paaie versper is.
Die woordvoerder van die Gautengse verkeersdienste, Sello Maremane sê die inligting is skraps, maar sê voorlopige inligting dui daarop dat die taxi-bestuurders glo in die omgewing was, waar ‘n verdagte in die hof verskyn het in verband met die moord op ‘n taxi-bestuurder.
Maremane sê die bestuurders was glo ongelukkig omdat hulle nie toegang tot die hof kon kry nie.
Taxis have blocked Kgosi Mampuru – opposite the prison- Pretoria. pic.twitter.com/R8xluvDKvz
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) August 3, 2022