13 September 2023
Die Tshwane-metro het in ‘n verklaring bevestig dat twee van sy voertuie deur stakende werknemers aan die brand gesteek is.
Die onwettige staking deur die munisipale werkersvakbond, SAMWU duur reeds byna twee maande, en het dienslewering in Pretoria erg ontwrig.
Volgens die metro is beide voertuie buite die Prinses Park-depot tussen Charlotte Maxeke en Es’kia Mphahlele strate aan die brand gesteek. Een van die voertuie was ‘n watertenkwa, wat pas water by die depot gekry het om te gaan aflaai by informele nedersettings toe dit aan die brand gesteek is.
Die bestuurder is aangerand, maar kon daarin slaag om te vlug. Hy het nie ernstige wonde opgedoen nie.
‘n Bakkie, wat aan die metro se Batebeskermingseenheid behoort het is in dieselfde gebied aan die brand gesteek. Twee werknemers is in die hospitaal opgeneem nadat hulle wonde opgedoen het.
